In meteorologie is 'n lugstorting[1] of valwind[2] (Engels: downburst) 'n sterk afwaartse en uitwaartse stroomwindstelsel wat in 'n puntbron in die lug ontstaan en radiaal waai: in reguit lyne in alle rigtings vanaf die impakgebied op die grond. Dit ontstaan onder diep, klam konvektiewe omstandighede, soos cumulus congestus- of cumulonimbuswolke.
Dit kan skadelike winde veroorsaak en word soms met 'n tornado verwar, waar winde teen hoë snelhede om 'n sentrale gebied sirkel en lug na binne en na bo beweeg. Lugstortings duur gewoonlik 'n paar sekondes tot 'n paar minute. Dit is veral sterk in donderstorms.